Berlinale

Die Berlinale Palast tydens die Berlinale 2017
Die Berlinale Palast in Berlyn
Die Goldener Bär ("Goue Beer")

Die Berlinale (Internationale Filmfestspiele) van Berlyn (Duitsland) is 'n A-kategorie-filmfees wat jaarliks gehou en as een van die beduidendste kompetisies vir nuwe filmproduksies ter wêreld beskou word.[1] Met meer as 330 000 kaartjies wat jaarliks verkoop word en sowat 430 000 besoeke wat aan die deelnemende rolprentteaters afgelê word is die Berlinale die grootste internasionale filmfees wat oop staan vir die algemene publiek.[2]

Tydens die Berlinale word jaarliks sowat 400 nuwe rolprente in verskillende kategorieë vertoon. Die suksesvolle kandidate, wat deur 'n internasionale jurie benoem word, word met 'n Goldener Bär ("Goue Beer") of Silberner Bär ("Silwerbeer") bekroon.

Die Berlinale word jaarliks deur sowat 20 000 professionele besoekers uit 128 lande bygewoon. Sowat 3 700 joernaliste dek die gebeure op die filmfees vir media in meer as 100 lande.[3]

Die European Film Market (EFM), wat jaarliks saam met die Berlinale gehou word, is een van die beduidendste internasionale byeenkomste en handelskoue van die rolprentbedryf.[4]

Die Berlinale is vir die eerste keer in 1951 gehou. Tricia Tuttle fungeer sedert 2025 as direkteur van die filmfees. Die Berlinale is tans die belangrikste jaarlikse kulturele gebeurtenis van die Duitse hoofstad.[5] Die Berlinale word sedert 2002 deur die Kulturveranstaltungen des Bundes in Berlin GmbH, 'n federale Duitse onderneming, beheer en sowel deur die federale Duitse regering asook privaat borge befonds.[6] Die 74ste Berlinale is tussen 15 en 25 Februarie 2024 gehou.

  1. (en) 2007 CALENDAR OF FIAPF ACCREDITED* FESTIVALS Geargiveer 4 Julie 2017 op Wayback Machine, FIAPF, 18 Februarie 2008
  2. (de) Berlinale 2007 – Zahlen und Fakten Geargiveer 5 Maart 2008 op Wayback Machine, 13 Februarie 2008
  3. (de) berlinale.de: Berlinale – das Festivalprofil. Besoek op 14 Februarie 2016
  4. (en) Berlin Film Festival a market force, Variety, 13 Februarie 2008
  5. (de) Tricia Tuttle soll künftig die Berlinale leiten, 12 Desember 2023
  6. (de) Kulturveranstaltungen des Bundes in Berlin GmbH, 13 Februarie 2008

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search